This is default featured slide 1 title

You can completely customize the featured slides from the theme theme options page. You can also easily hide the slider from certain part of your site like: categories, tags, archives etc. More »

This is default featured slide 2 title

You can completely customize the featured slides from the theme theme options page. You can also easily hide the slider from certain part of your site like: categories, tags, archives etc. More »

This is default featured slide 3 title

You can completely customize the featured slides from the theme theme options page. You can also easily hide the slider from certain part of your site like: categories, tags, archives etc. More »

This is default featured slide 4 title

You can completely customize the featured slides from the theme theme options page. You can also easily hide the slider from certain part of your site like: categories, tags, archives etc. More »

This is default featured slide 5 title

You can completely customize the featured slides from the theme theme options page. You can also easily hide the slider from certain part of your site like: categories, tags, archives etc. More »

 

Vinnige en maklike metode om Plekke aan te dui en te vind

Ons ken dit almal. ‘n Vriend het ‘n partytjie, daar is ‘n troue of jy wil by ‘n besigheid uitkom en nou moet almal padkaarte kry en verduidelik word hoe om by die plek uit te kom.

Die kaarte wat mens soms kry is meer verwarrend want Noord lê sommer aan die onderkant van die kaart, die strate is reghoekig terwyl dit in werklikheid kronkel en dan wonder mens soms nog watter merker dui nou eintlik die plek aan.

Hier is ‘n vinnige en maklike metode om plekke aan te dui:
1. Gaan na “Google Maps”.
2. Skakel oor van “Map” na “Earth” in die regter boonste hoek van die kaart.
3. Zoom in op die betrokke plek. Jy kan maar genoeg in-zoom om vertrekke of geboue duidelik te onderskei.
4. Klik dan regs op die betrokke plek en kies “What is here?”
5. Die GPS posisie sal in desimale formaat in die Google soek-boks aangedui word.
6. Kopieer die desimale koördinate en stuur dit aan almal.

Voorbeeld: Ons kyk rugby by Bosveld Lapa omstreeks 15:00 GPS -25.668417,27.937291

Die twee koördinate word met ‘n komma geskei. Dit is kort genoeg om sommer per SMS uit te stuur en spaar tyd om die pad verduidelik of kaarte te teken wat ontsyfer moet word. As jy nie ‘n rekenaar het nie, soek sommer die koördinate op jou selfoon. Boekmerk net http://maps.google.co.za op jou selfoon se web browser en plak die koördinate in die soek-boks. Met ‘n rekenaar is dit nog makliker – probeer gerus.

Wenk: Neem sommer ‘n skerm foto van die plek ook en sluit dit saam met die koördinate in sodat almal sommer kan sien hoe die plek lyk (Sien meegaande skerm fotos). Om ‘n skerm foto te neem, druk net die “Print Screen (Prt Sc)” knoppie op jou rekenaar en gaan plak (“paste”) die foto saam met die ander informasie wat uitgestuur word. Jy mag maar die skerm foto wysig of kleiner maak indien nodig.

Vraag: Hoe gaan die mense die plek kry?
Antwoord: Stuur hulle na “Google Maps” waar hulle die koördinate in die Google soek-boks kan plak om die plek te soek.

Vraag: Wat kan hulle gebruik om die plek te soek?
Antwoord: Hulle kan die plek maklik kan opsoek op hul selfoon, GPS, “Google Map” of “Google Earth”. Lees jou Selfoon of GPS instruksies as jy nie weet hoe nie.

Vraag: Hoe verduidelik ek aan die wat tegnologies gestremd is wat om te doen?
Antwoord: Verskaf ‘n skakel na hierdie berig sodat hulle self kan lees hoe dit gedoen word of gebruik hierdie skakel: http://tinyurl.com/merknplek

Wenk: Voordat jy na die plek vertrek, kan jy ‘n drie-dimensionele foto van die omgewing kry deur die oranje mannetjie op die kaart te neem en na die naaste pad met ‘n blou streep te sleep. Sodoende weet jy vooraf hoe dit lyk waar jy moet indraai en waar om te parkeer indien die pad nie te vêr van die parkeerplek is nie.

Kyk of jy die Bosveld Lapa kan vind met die volgende koördinate en laat my weet op my Facebook blad indien jy dit kan vind: -25.668417,27.937291

NB: Vir persoonlike veiligheid word dit nie aanbeveel dat ‘n privaat woning op hierdie wyse openlik op die internet geadverteer word nie. Indien iemand dus die koördinate vir ‘n privaat woning vir jou stuur, moet dit asseblief nie met iemand deel sonder die toestemming van die huiseienaar nie. Moet ook onder geen omstandighede enige persoon se kontakbesonderhede met iemand anders deel nie; kry eerder die persoon wat navraag doen se besonderhede en gee dit aan die ander persoon.

Volg my op Facebook vir meer wenke.

Lys Jou Besigheid op List-Online

Lys vandag nog jou Besigheid op List-Online se Aanlyn Internet Gids. Jy sal verbaas wees wat se ekstra blootstelling dit aan ‘n besigheid op die internet verleen. Gaan maar net na Google en soek vir “Die Bek se Padstal” en kyk wat gebeur. Al is die List-Online gidsinskrywing nie noodwendig in die eerste plek nie, kan dit steeds wondere vir jou besigheid doen.

Hier is ‘n paar ander interessante gidsinskrywings:

Al die bogenoemde is gratis inskrywings, maw dit word nie prominent in die gids gelys nie, en die kleuterskool en padstal het nie eens webtuistes nie. Al wat jy dus nodig het, is ‘n epos adres sodat sodat mense darem ‘n boodskap aan jou kan stuur via die gids.

Prioriteit inskrywings kos wel ‘n paar Rand, maar bied ‘n Google kaart en heelwat meer besonderhede oor ‘n besigheid.

Besighede se kontakbesonderhede kan ook maklik gedeel word op sosiale netwerke soos Facebook via die “Share” knoppie op gidsinskrywings. Ek stel voor jy lys jou besigheid vandag nog, al is dit ‘n klein besigheid wat uit die huis bedryf word. Die groot voordeel van aanlyn gidse, is dat dit reeds besoekers lok. Met ander woorde, dit is soos om ‘n besigheid in ‘n winkelsentrum te he, waar almal vir mekaar besoekers lok in plaas daarvan om op jou eie te swoeg om besoekers na jou webtuiste of besigheid te lok.

“Eendrag Maak Mag”, as ons ou volkie dit maar net wil leer. Die gratis inskrywing opsie is natuurlik ideaal vir Entrepreneurs wat hul besighede wil bemark en nie ‘n fortuun daarvoor wil betaal nie.

List-Online

Handelsname

Oorwegings by die Keuse van Handelsname

Ek kry soms navrae van Entrepreneurs oor wat hul kan gebruik as handelsname vir hul klein besighede. Hier is ‘n paar wenke.

Handelsname is uniek en ressorteer nie onder intellektuele eiendom of patente nie. Daar is geen manier om ‘n handelsnaam te reserveer vir enige woord wat in volksmond gebruik word nie; nie plekname of enige woord wat in ‘n woordeboek voorkom, of enige woord wat op enige ander wyse algemeen gebruik word nie. Die publiek gaan nie hulle taal aanpas om ‘n besigheid tevrede te stel nie.

Kombinasie woorde, nuwe skeppings of verdraaiings van woorde kan wel gereserveer word. Microsoft = micro + software is `n voorbeeld. Hierdie is unieke woorde wat geskep is om ‘n besigheid te identifiseer soos ‘n handelsmerk, en kan dus nie deur ander gebruik word nie. Die reel is dat die maatskappy wat eerste die kombinasie naam of unieke naam geregistreer het, voorrang geniet en kan hierdie maatskappy dan beswaar maak teen enige ander kombinasie wat naastenby dieselfde klink.

Alle regte in ‘n handelsnaam word egter verbeur indien dit in volksmond oorgeneem word. Jacuzzi was byvoorbeeld ‘n geregistreerde handelsnaam wat verval het omdat dit in volksmond oorgeneem is om na ‘n borrelbad te verwys. Maatskappye spandeer miljoene rande om dit te verhoed en is voortdurend daarop ingestel om nie handelsname as selfstandige naamwoorde te gebruik nie, anders verbeur hulle alle regte op die handelsnaam.

SaambouJy kan ook nie ‘n handelsnaam vir eie gebruik reserveer indien iemand anders reeds die naam gebruik het nie, tensy die besigheid gekoop of andersins wetlik oorgeneem is. Daarom kan jy waarskynlik nie nou Saambou as ‘n unieke handelsnaam gaan reserveer nie; hoewel enige besigheid waarskynlik hierdie handelsnaam kan gebruik (ek twyfel sterk of Saambou dit gaan teëstaan nadat hulle bankrot verklaar is).

Jy kan ook nie iemand verhoed om dieselfde handelsnaam in ‘n nie-kompeterende industrie te gebruik nie. Daarom kan jy ‘n McDonalds Motor Herstel begin maar nie ‘n McDonalds Restaurant nie. Daar kan nie maklik verwarring tussen kos en motor herstel ontstaan nie.

Indien jy dus ‘n gastehuis in Pretoria sou begin, is jy welkom om dit “Pretoria Gastehuis” te noem, maar daar is geen manier wat jy hierdie naam kan reserveer of verhoed dat iemand anders dieselfde handelsnaam gebruik nie. Beide woorde word alreeds in volksmond gebruik en daarom kan jy nie eksklusiewe regte daarvoor opeis nie.

Wees versigtig om nie ‘n kombinasie of ander bekende handelsnaam vir jou besigheid te gebruik indien dit reeds elders gebruik word nie. Die oorspronklike eienaar kan steeds die handelsnaam opeis en registreer, en dan kan jy geforseer word om jou besigheid se handelsnaam te wysig. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is McDonalds wat hamburgers in Durban verkoop het voordat die franchise nog in Suid-Afrika oopgemaak het. Die McDonalds franchise kon egter aanspraak maak op die handelsnaam in Suid-Afrika omdat dit reeds bekendheid verwerf het in die buiteland voordat McDonalds in Suid-Afrika geregistreer het.

Persoonlik verkies ek dit om ‘n handelsnaam te gebruik wat met ‘n “A” begin sodat my besigheid een van die eerstes is wat gelys word in alfabetiese naamlyste. Deesdae is dit egter minder belangrik aangesien meeste mense op die internet soek vir besighede. Doen dus mark navorsing en kies ‘n naam wat gewild is in internet soeke. Sien “How do I get Website Traffic or Customers for a Niche Market?

Sien ook Kopieregte, Handelsname en Handelstekens

Kopieregte, Handelsname en Handelstekens

Ek kry soms vrae oor intellektuele eiendom soos Kopieregte of oor Handelsname en Handelstekens. Voordat ek begin, neem asseblief kennis dat ek nie ‘n gekwalifiseerde regskenner is nie. As u kundige regsadvies verlang, raadpleeg dan asseblief ‘n gekwalifiseerde persoon. Neem ook sommer kennis van die Terme van hierdie webtuiste.

Intellektuele Eiendom en Handelsname ressorteer onder vier kategorieë:

  1. Ontwerpe: Om ‘n ontwerp te registreer, mag daar is niks anders wees wat naastenby so lyk, van dieselfde materiaal vervaardig word en dieselfde funksies bied nie. Ontwerpe word aangedui met geregistreerde nommer in die Aktekantoor en op ontwerp tekeninge.
  2. Patente: Patente handel oor nuwe tegniese of professionele uitvindings en word aangedui met ‘n geregistreerde “Patent” of “Patent Pending” nommer in die Aktekantoor en op die produk.
  3. Handelsmerke: Handelsmerke is ‘n unieke embleem wat ‘n besigheid of produk identifiseer en word aangedui met ‘n (TM) teken.
  4. Kopieregte: Kopiereg handel oor Films, Musiek, Klank, Lektuur, ens. Kopieregte word aangedui met ‘n (C) teken.

In die eerste twee kategorieë, moet ‘n “Patent Pending” nommer in die Aktekantoor geregistreer word voordat dit aan enige buite instansie vertoon word of voordat die patent of ontwerp enigsins bekend word.  As dit eers uitgelek het, kan jy nie meer ‘n patent registreer nie. Daarom word navorsing- en ontwerp personeel aan streng geheimhouding ooreenkomste onderwerp. Nadat die “Patent Pending” nommer deur die Aktekantoor toegeken is, kan dit maar uitlek maar moet die finale patent binne een jaar geregistreer word.

Ambidex Logo
Ambidex Handelsmerk

Handelsmerke is verwant aan ontwerpe, maar die handelsmerk word dadelik geregistreer nadat dit met bestaande merke vergelyk is om duplikasie te voorkom. In al drie hierdie gevalle, moet daar besluit word op plaaslike of internasionale registrasie. Indien slegs plaaslik geregistreer, kan jy nie iemand in ‘n ander land verhoed om jou ontwerp, patent of handelsmerk te gebruik nie. Nommers word toegeken vir elke individuele registrasie en vir elke land waar geregistreer. Dit kos ‘n fortuin om internasionaal te registreer en is jy steeds onderworpe aan dispute indien dit wat jy het, nie totaal uniek is nie.

Kopieregte handel oor dit wat in jou kop aangaan wanneer jy iets nuut skep of skryf en het ten doel om intellektuele eiendom soos kennis en kunswerke te beskerm, hetsy ‘n film, musiek, ander klanke, opvoerings, publikasies of letterkundige werke. Dis die oorspronklike unieke idee wat tel. Kopieregte word nie in die Aktekantoor geregistreer nie maar moet die datum en eienaar aandui wat dit oorspronklik geskep het. Jy kan nie kopieregte opeis as jy nie die oorspronklike kunstenaar, skrywer of inisieerder is, of indien dit nie uniek is nie (woord keuses, paragrawe, skryfstyl, ens).

Die registrasie van Ontwerpe en Patente en moet periodiek hernu word anders verval dit na die registrasie periode. Beskerming van alle intellektuele eiendom, ontwerpe en patente verval na 50 jaar, met die uitsondering van handelsmerke. Daarom kan jy deesdae Coca-Cola gaan vervaardig as jy die formule het en kan selfs gedeeltes van die naam gebruik, maar nie die handelsmerk nie.

Jy kan selfs enige boek of letterkundige werk woord-vir-woord gaan dupliseer indien dit 50 jaar of ouer is aangesien die kopieregte na 50 jaar verval. Soms kan mens lekker lag as iemand vertel van ‘n ou wat skatryk geword het nadat hy ‘n lepel patent geregistreer het toe hy agterkom dat daar geen lepel patente geregistreer is nie. Dit is net eenvoudig nie moontlik nie.

Vir professionele advies oor intellektuele regte, patente en handelsname, raadpleeg asseblief Spoor en Fisher prokureurs wat daarin spesialiseer.

Opmerking: Seëlringe en handtekeninge is ‘n vorm van persoonlike identifikasie soos ‘n vingerafdruk en is nie hier van toepassing nie.

marker

Hoe Kry Mens Meer Kliënte Vir Jou Besigheid?

Besigheid eienaars wonder telkens wat gedoen kan word om meer kliënte vir hul besighede te lok en vind dat tradisionele bemarkingsmetodes duur en lankal nie meer effektief is nie. Die antwoord is geen geheim nie, maar dit is onwaarskynlik dat besigheid eienaars die geheim van ander besigheid eienaars sal verneem want dit kan jou dalk net ‘n onregverdige voorsprong gee. Vind uit waarom besighede in vervoering is oor hulle kaart merkers.

HOE KRY MENS MEER KLIËNTE VIR JOU BESIGHEID?

Die antwoord is eenvoudig. Beantwoord net die volgende vraag!

WAAR SOEK MENSE VIR JOU BESIGHEID OF VIR INFORMASIE WANNEER HULLE ‘N PRODUK OF DIENS VERLANG?

  • Die uitsaai media soos Radio of TV,
  • Gedrukte media soos Tydskrifte, Koerante, Brosjures en Pamflette,
  • Die Geelbladsye, Straat Advertensies (Billboards) of
  • Die Internet?

Die statistieke dui na die Internet.  Die vraag wat elke besigheidseienaar homself egter moet vra is: “Waar bemark ek my besigheid en waar kan ek die beste opbrengs kry vir elke sent wat ek aan bemarking spandeer?” Dit is net logies om daar te bemark waar die publiek vir jou besigheid soek, maar dit moet ook koste-effektief wees.

HOE LYK DIE STATISTIEKE?

  • 67% van Suid Afrika se ekonomie word beheer deur 10% van die bevolking met Internet toegang.
  • 91% van alle Internet gebruikers gebruik ‘n soekfasiliteit soos Google om informasie in te win.
  • Meer as 50% van alle kooptransaksies word vooraf gegaan deur ‘n soek na Internet informasie.
  • 30% van Internet soeke bevat ‘n stadsnaam, provinsie of poskode.

Internet Kaart DiensteVeronderstel u is ‘n sakeman, woon in Kaapstad en wil ‘n saketransaksie in Waverley Pretoria doen, wat sou u doen? U soek verblyf geriewe in Waverley met geskikte besigheid of konferensie fasiliteite en vervoer. Pretoria se geelbladsye en telefoongids is nie geredelik in Kaapstad beskikbaar nie, en die uitsaai of gedrukte media gaan nie veel help nie. Daarom verkies mense die Internet as soekfasiliteit wanneer hulle gereed is om ‘n sake transaksie te doen, selfs al sou informasie ook elders beskikbaar wees.

WAT MOET BESIGHEIDSEIENAARS DOEN OM MEER KLIËNTE TE KRY?

Die antwoord is weereens eenvoudig; plaas jou in die skoene van die kliënt en probeer om soos die kliënt te dink. Vir die Suid-Afrikaanse mark is taalvoorkeur belangrik en is Afrikaans steeds baie prominent; hoewel die internasionale mark en selfs Afrikaners Engels as voorkeer taal op die Internet gebruik. Toepaslike Internet soekwoorde wat deur potensiële kliënte gebruik word (voorbeelde volg hierna), moet dus bepaal word sodat Internet bemarking vir daardie woorde ge-optimiseer word. Vir illustrasie, kom ons veronderstel die bogenoemde sakeman soek vir “Accommodation”, “Guesthouse”, “Pretoria” en “Waverley”.

SOEK WOORDE (INTERNET OPPOSISIE)
Pretoria Accommodation (7,470,000)
Pretoria Guesthouse (4,530,000)
Waverley Accommodation (2,660,000)
Waverley Guesthouse (1,540,000)
Die voorbeelde hierbo kan uitgebrei word na ander soekwoorde en gebiede soos Gauteng en Suid Afrika

Let daarop dat slegs sewe besighede wat op Internet kaarte verskyn, telkens die soekresultate domineer buiten vir die betaalde advertensies (Klik op die meegaande skakels hierbo om die resultate te sien). Die rooi plek merkers laat ook die betrokke besighede verder uitstaan bo enige ander besigheid wat op die eerste bladsy van Google se soekresultate verskyn. Die kersie op die koek is natuurlik indien daar goeie “Google Reviews” is wat ‘n besigheid verder uitlig met goue sterretjies.

Google Resultate vir Pretoria Akkommodasie

Google Soekresultate vir Pretoria Akkommodasie

Dit is dus duidelik dat dit nie net essensieel is dat ‘n besigheid op Internet kaarte verskyn nie, maar dat publieke opinie en sosiale interaksie met die publiek vername faktore is om uit te styg bo jou besigheid se opposisie om die Internet, en om sodoende daardie kliënt te werf wat gereed is om geld te spandeer.

Om jou besigheid op Internet kaarte te kry, ‘n goeie taksering van die publiek te ontvang, en om sosiaal met kliënte op die Internet te verkeer is egter nog net die punt van die ysberg.  Sluit vandag aan by my Facebook bladsy indien u Facebook gebruik en kry eerstehandse ondervinding van die sosiale interaksie wat tussen moderne besighede en die publiek plaasvind.

Lees ook “Marketing Ethics: Scam Marketing Campaigns

NS: Besigheid Konsultante word gesoek vir die bogenoemde en ander dienste. Kontak Hans met u CV en verwysings. Geskikte kandidate sal verdere instruksies en informasie ontvang.